af
Wilna Adriaanse

Rebecca

Avise-me quando o livro for adicionado
Para ler este livro carregue o arquivo EPUB ou FB2 no Bookmate. Como carrego um livro?
Op vyf en twintig is Rebecca Fagan in besit van 'n regsgraad, 'n rugsak, 'n groot mond en baie guts.  Sy het twee jaar lank druiwe gepluk in Frankryk, in Italië op 'n olyfplaas gewerk en in Duitsland was sy 'n kelner.  Maar nou is sy terug in Suid Afrika en sy soek 'n “regte” werk.  Verkieslik een wat opwindend is en 'n groot salaris betaal. Toe sy hoor dat Julian Hoffman, derde geslag erfgenaam van ‘n multibiljoenrand-maatskappy, op soek is na 'n persoonlike assistent, besluit sy om aansoek te doen.  Maak nie saak dat die pos nooit in ‘n koerant geadverteer is nie. Wie nie waag nie, sal nie wen nie, is haar leuse. Rebecca wag hom dus een middag in in die maatskappy se parkeergarage. En stel haarself voor aan hom met die woorde: “Ek kan uitstekend organiseer en ek steel nie papier of skuifspelde nie.” En op haar T-hemp staan geskryf, I think therefore I am single. Vir 'n oomblik dink Julian dis die eerste April, maar hy leer baie gou dat Rebecca nie iemand is wat maklik moed opgee nie, en dat sy áltyd blatant eerlik is. Ná die tyd kan hy haar aanstelling nie eens aan homself regverdig nie. En Rebeccca? Rebecca kan nie begryp waarom sy jammer voel vir ‘n man wat dan alles het wat sy hart begeer nie . . .
Este livro está indisponível
362 páginas impressas
Publicação original
2012
Ano da publicação
2012
Já leu? O que achou?
👍👎

Impressões

  • Desi Oosthuizencompartilhou uma impressãohá 7 anos
    👍Vale a leitura
    🎯Vale a pena
    💞Amoroso
    🚀Não dá pra largar
    😄RSRS

    Dit is 'n fantastiese boek, met iets van alles. Wilna Adriaanse het haar weer goed van haar taak gekwyt.

Citações

  • Desi Oosthuizenfez uma citaçãohá 7 anos
    “Ag siestog, die arme kind. Vir wat kon sy nie vir haar ’n gawe man gesoek het nie?” laat Salie met ’n sug hoor.
  • Desi Oosthuizenfez uma citaçãohá 7 anos
    Ek kon ongelukkig nie. Daar is hierdie vrou naby my wat vreeslik agter my lyf aan is en sy het my lankal uitgevra. Ek het al so dikwels nee gesê dat ek nie nog ’n keer kon nee sê nie.”
  • Desi Oosthuizenfez uma citaçãohá 7 anos
    “Kahlil Gibran het gesê jou vriend is jou maaltyd en jou vuurherd.

Nas estantes

  • Shirene Jacobs
    Mine
    • 18
fb2epub
Arraste e solte seus arquivos (não mais do que 5 por vez)