af
Schalkie van Wyk

Schalkie van Wyk Keur 14

Avise-me quando o livro for adicionado
Para ler este livro carregue o arquivo EPUB ou FB2 no Bookmate. Como carrego um livro?
Beminde vreemdeling: Wiandri Rosseau is twee-en-twintig en pas gekwalifiseer as hospitaalsuster. Sy keer terug na haar geliefde plattelandse Huis Groeneweide, waar haar bejaarde tant Lerina en dié se geliefde huishoudster, tant Grietjie, haar gretig inwag. Nou kan sy haar tante versorg en die swierige huis van haar kleintyd geniet. Maar daar aangekom, ontdek Wiandri ’n vreemdeling bly ook nou op Groeneweide – die stroewe, dommerige nutsman Floors, van wie sy dadelik net mooi niks hou nie . . . maar tog ook só vreeslik baie! Wanneer Wiandri verder agterkom dat haar peetma, die matrone in die dorpshospitaal, uiters wantrouig staan teenoor Floors, is haar verlangde vakansie by die tannies glad nie meer ’n rustige tydjie nie. Waarom dink Christelle Floors is so gevaarlik? En wie ís hy nou eintlik? Ruiter van my drome: Zandri was sewe jaar lank weg van Wyedraai, waar sy as kind salige vakansies by haar grootoom op sy perdeplaas deurgebring het. Die dorpie gons nou behoorlik: Hier kom sy aangery in ’n gekrokte viertrekvoertuig, en ’n gesiene familie van die dorp het haar in Londen, waar sy die afgelope jare gebly het, aangetref met ’n kind . . . háár kind buite die eg, het sy kwansuis vir hulle gesê. Ou vriende kyk Zandri nou met afkeer aan en Ferdinand, haar tienerliefde, het baie verander. Maar dis niks, sy is lankal oor hom. En tog . . . waarom is haar lewe skynbaar verstrengel met syne? Kan sy hoop om mee te ding met die vrou uit sy verlede, die een wat volgens sy tant Ragie Ferdinand se hart gebreek het en hom vir ander vroue ruïneer het? En wat tog van die kind?
Este livro está indisponível
378 páginas impressas
Publicação original
2017
Ano da publicação
2017
Já leu? O que achou?
👍👎

Citações

  • Desi Oosthuizenfez uma citaçãohá 5 anos
    Kom wys hy weer sy perdegevreetjie op Reënboogrant, versuip ek hom lag-lag in die perde se watertrog.”
  • Desi Oosthuizenfez uma citaçãohá 5 anos
    Kyk, dingetjie, Gawerjal is my kat en my Gawerjal rammel soos ’n ou trekker. Ek kan nie help as julle ryk mense se katte spin nie.

Nas estantes

  • Shirene Jacobs
    Mine
    • 18
fb2epub
Arraste e solte seus arquivos (não mais do que 5 por vez)